top of page

Briewe van Abba
aan Sy seuns en dogters

Green Typewriter

'n Versameling van opbouende woorde en bevestigende boodskappe van God se goedheid en liefde, ontvang oor 'n verloop van tyd.

Let wel dat die Afrikaanse boodskappe nie 'n vertaling of herhaling van die Engelse boodskappe is nie. Hierdie boodskappe is uniek en in Afrikaans ontvang en neergepen.

​

* Lees hierdie boodskappe en hoor Abba Vader se Hart van Liefde vir jou.

Ervaar hoe Hy hierdie Woorde oor jou en in jou lewe inspreek.

My dierbare kind ...

​

Terwyl ek wag op Abba, kom die woorde….                       

My kind, wag op My Woord. Jou gehoorsaamheid sal seën bring en mense al sien wie Ek is…

 

My kind, Ek het jou lief en bemin jou. Weet verseker dat jou spontane woorde van prys, kragtige oorlogswapens in die geesdimensie is, wat die vyand verstaan. Glo dit, doen dit en kry oorwinning – dis joune!     - Psalm 149

 

My kind, Ek is by jou as jy bid. Ek gee jou die krag. Wees my dissipel en wandel naby My.

 

My kind, Ek gee ook Wysheid aan jou, dra dit om jou nek en Ek sal verheerlik word. Ken My in alles wat jy doen. Ek sal by jou wees op jou pad…

 

Jy behoord aan My

My kind, staan sterk teen die aanvalle van die bose, hy is reeds oorwin. Fokus jou gedagtes op My. Hou jou hart skoon van onvergewingsgesindheid en negatiewe denke. Fokus op mooi dinge, sing ‘n lied vir My… maak iets nuuts vir My en geniet die dag. Laat jou lewe sing en eer bring aan My. Ek hou jou hart vas. Jy is by My. Glo dat jy aan my behoort en lewe dan so. Wag op MY leiding. Jy sal leer en krag ontvang om ‘n draer van My Naam te wees…

 

My kind, Ek is die LIG, wandel IN My en jy sal LEWE. Jou hart behoord aan My. Ek hou jou vas. Jy is kosbaar vir my. Ek sing oor My Liefde vir jou!

 

Sing ‘n loflied!

My kind, laat jou lippe my besing, ‘n loflied tot eer van My. Laat jou hart los deur jou tong, want Ek is waardig om geprys te word. Die hart van David weet hoe om te prys – laat ek jou lei en leer hoe…

 

My kind, Ek hoor jou, Ek hoor die begeertes van jou hart. Volhard in jou geloof IN My. Ek stap elke tree saam met jou…

 

My kind, My Woord is in jou hart. Ek het dit daar gesit. Dink aan My en maak jou mond oop – Ek sal jou vul om eer aan My te bring. Doen dit dag en nag. Bou jouself op, trek die karakter en natuur van MY Seun aan en word elke dag meer en meer soos Hy. Ek het jou lief!

 

Skuil by My

My kind, Ek hoor jou hart, Ek sal jou help. Jy is vir my kosbaar en Ek het jou baie lief. Kom skuil by MY, naby My en moenie weggaan nie. Laat My Teenwoordigheid jou vernuwe. Ek is jou Vader en jy is my dogter wat ek uitgekies het..

 

Gee jou lewe aan My

My kind, Ek wil en sal jou help om wys te lewe. Gee jou lewe aan My oor. Elke dag opnuut en jy sal sien hoe ek jou lei. Stap op My pad en ek sal jou wys waarheen jy moet gaan. Wag op My Woord, want dit sal jou lewe gee... en vir ander. Ek het jou lief...         Abba

 

Leef naby My en soek My

My kind, Ek hoor jou hart. Laat My in jou hart werk en ons sal saam tuinmaak in jou hart. Ek wil jou plekke wys waarvan jy vergeet het, plekke wat jy goed ken en dele wat jy nog moet ontdek. My Liefde sal jou in tyd op hierdie proses vat. Vertrou My, Ek sal jou help. Luister na My en Ek sal jou red. Ek wil vir jou ‘n ligte hart gee met deurligte vars grond, sodat My Saad in jou hart sal val en ontkiem en jy vrug sal dra tot eer van My Naam. Mense sal aan My die eer bring en My Naam verheerlik. Leef naby My. Bly by My. Hou jou oor uit om My Stem te hoor. Soek My, want jy sal My vind en saam sal ons berge versit. Ek het jou lief en sien uit vir ons nuwe reis saam. Kom…           Abba

 

Ek wil jou help

My kind Ek sien jou hart en gedagtes en Ek wil jou help. Jy stap by My en Ek wil jou vrymaak sodat ons kan gesels. My gedagtes sal ek aan jou gee om te koester, te bedink en uit te leef, want dit is die Lewe. Jy is vir my kosbaar en jou hart is soos My hart. Aanbid My in Waarheid en Gees en jy sal My ondervind. Ek wil jou help en sal jou help op jou pad. Laat jou gedagtes gedurig in My teenwoordigheid los en verlustig jou in My Bron van kreatiwiteit en Godelike inspirasie. Jy is geskape om My juis daardeur te verheerlik. Ek gaan jou wys hoe om te skep en dan lewe daarin te blaas. Kom Ek wys jou, sodat jy My Vreugde kan ervaar. Wat verby is, is verby. Dit wat ek vir jou het, is ‘n spilnternuwe toekoms, ‘n verwagting wat jou onuitspreeklike vreugde gaan laat beleef. Luister aandagtig na My Stem. Skerp jou oë in vir dit wat om jou is, want Ek praat deur alles, die natuur, mense en die Heelal. Ek hou alles in stand, daarom is EK in alles wat bestaan.  Mense sukkel om My te sien, want hulle sukkel om te glo Ek bestaan. Ek sal jou geloof versterk, jou help en wys wat Ek bedoel hiermee. Kom ons twee stap, want ek wil jou soveel leer en wys. Hierdie gaan ‘n opwindende pad saam wees, want My Heerlikheid skyn in alles! Jy gaan My help om dit aan mense te wys en te openbaar, sodat hulle My kan sien.... Laat jou liefde lewe en deel dit uit - die wêreld het dit nodig. Wees vrygewig met ons liefde en laat dit uitgestort word oral, spatsels hier en daar, emmers vol hier en daar, want die wêreld se liefde is besig om te vervlou en oral verminder die krag van liefde. Maar My Liefde brand sterkter en sterker. Jy moet dit uitdra en aanblaas en bemoedig… Leef dit, praat daarvan, demonstreed dit en roep dit uit!!  Roep dit oor My skepping, roep My liefde oor die mense uit, oor diere, oor die natuur… roep My Liefde: Roep! Want My Liefde maak gesond en gee lewe. Ek het jou nodig in My Plan. Jy dra in jou My Lewe om te gee aan hulle wat verlore en afvallig is – bring hulle terug deur My Liefde oor hulle te verklaar. My Liefde is soos ‘n bannier en dit versterk ons band. Roep Liefde elke dag!

Ek is naby.

Ek is IN jou. Kom ons wandel…    Abba

 

Hardloop na My toe

My kind, Ek luister, Ek hoor en sien jou hart. Kom na My toe, Ek wil jou beskerm en laat groei. Kom wees in My teenwoordigheid, hardloop na My toe. Ek is getrou en wil jou beskerm. Ek gee jou beskerming sodat jy ‘n lewe in oorvloed kan vervaar. Ek is jou God en jy is my dogter. Kom, kom na My toe…

 

Laat My toe…

My kind, Ek is hier, kom ons stap verder saam. Ek het vir jou mooi planne, dae van vervulling en rus. Rus in My. Ek is besig in jou, met ‘n meesterstuk van Myself. Laat My toe om jou hart te bewerk... David het ek uitgekies tussen die skape in die veld. Aanbid en vereer My, want ek is dit waardig. Soos die natuur My lofliedere sing, doen dieselfde!!  Ek het jou lief en My werk in jou, is nog lank nie klaar nie. Vertrou op My. My las is lig en My juk is sag. Kom na My toe en kom ons stap die pad…      Abba

 

Wees afhanklik van My

My dogter, jy is vir my kosbaar. Jou hart se gesindheid is vir My belangrik. Ek sal jou ingestel daarop maak om IN MY te groei. Ek wil jou laste dra en vat, lê dit voor My voete en lewe dan in oorwinning. My Seun het als reeds betaal. Glo dat dit vir jou is en leef so. Neem Sy vreugde op. Neem Sy vriendelikheid en leef dit. Leef deur Hom. Wees afhanklik van My in ALLES in jou en Ek sal jou gee, die begeeertes van jou hart. Ek het jou innig lief, my dogter en sien jou raak. Jy maak vir my saak – Ek het ‘n groot plan met jou lewe. Glo dit, want dit is so – lewe dit elke dag, voluit - tot My eer alleen!   Liefde  Abba

 

Word vry

My kind, kom skuil by My. Ek sal jou beskerm. Geen vyand sal jou hier by My kry nie. WAG OP MY en ontvang Lewe. Lê jou laste en vrese by My af en stap weg daarvan – word vry en lei ander op dieselfde pad. Ek het jou voorberei en stap saam … kom ons gaan…    Abba

 

Ek trek My kinders nader…

My kind, Ek wil lewens verander, hestel en genees. Ek wil versoen en lewens in oorvloed laat leef van My kinders op aarde. Ek wil My kinders nader trek met koorde van My Liefde. Wees My hande en voete – Ek is by jou al die dae tot die voleiding van die wêreld. Jy behoort aan MY!     Abba, jou Vader.

 

Ek staan by jou

My kind, hou vas aan My. Vra na My wil. Wees stil en WAG OP MY. Veg die goeie veg met die Wapens van die Gees wat ek vir jou gegee het en jy sal verbasende oorwinning behaal en vrede beleef. Ek staan by jou. Ek het jou lief …  Abba

 

Leef vanuit jou posisie langs My

My kind, jy sit by my in Hemelse Plekke. Jou plek staan vas. Leef vanuit jou posisie langs My. Ek sal jou leer en wys wat My plan is. Stuk vir stuk, bietjie vir bietjie. Kom stap op My pas en in My weë….         Abba

 

Ek sien jou stap

My kind, Ek het My Seun sien loop op aarde en Ek het Hom innig liefgehad. Nou sien ek jou so stap en Ek kyk met dieselfde oë van Liefde na jou. Bly gehoorsaam aan My. Ek sal jou leer en onderrig en voorberei vir die toekomspad. Ek beplan vir jou voorspoed, ‘n verwagting…  Kom… 

 

Bly naby My

My kind, jou hart behoord aan My. Dis My eiendom. Heilige Gees is die seël dat ek jou besit. Ek pas My besittings op en neem groot sorg daarin om hulle te koester, genees en te herstel.  Bly naby My en Ek sal jou leer. Diep en onverstaanbare geheime. Maak jou hart vir My oop sodat ons saam kan dans. Ek vind my vreugde in jou!       Liefde Abba

 

Gesels met My

My kind, ek sien jou. Ek ken jou hart en wil dit met jou deel. Bly nederig op ‘n afhanklike plek van My en jy sal groei. Gesels met My en WAG op MY – Ek wil met jou gesels. Ek het jou innig lief….nog altyd!                          Liefde Abba

 

Behou jou fokus

My kind jy is in die holte van My Hand. Jy is veilig by My. Ek wil jou leer en jou onderrig. Ek wil My gesig oor jou laat skyn en jou seën. Wag op My. Bly IN MY en leef vanuit MY.  Jy sal ‘n lewe in oorvloed leef.  Behou jou FOKUS. Moenie afgelei word nie. Moenie dit toelaat nie, sodat jy My teenwoordigheid kan bly geniet. Beoefen hierdie beginsels daagliks en jy sal sien hoe jy groei. Ek is by jou elke oomblik en onthou jy is hiertoe in staat.                Liefde jou Abba

 

Rus en voorspoed

My kind ek sien jou raak. Ek is stil tevrede in My Liefde vir jou. My Gees is met jou. WAG op MY en Ek sal jou lei na water waar rus is – dit is wat Ek vir jou wil gee: rus en voorspoed… kom!      Abba

 

Al wat jy nodig het

My kind, Ek het jou op jou naam geroep – Jy is MYNE! Kom na My toe dat ons saam stap.  Leef IN MY en deur My, dat MY Naam joune word en jy so groei deur My. Dis intimiteit en aanbidding - om voluit in Hemelse plekke te leef. Kom na My… Ek is genoeg en al wat jy nodig het…  Abba

 

Twee sleutels

My kind, aan jou is gegee om die geheime van My Koningkryk te ken. Soek dit en jy sal dit vind. Vra na dit en jy sal dit gegee word. Ek wil My Gees en Wysheid gee aan jou soos jy vra op jou pad. Laat My Naam verheerlik word rondom jou, want Ek is dit waardig.  Bly nederig en afhanklik van My – dis jou twee sleutels …  Ek het jou lief… Abba

 

My Lig

My kind, My Lig het aarde toe gegaan om harte te verlig in die duisternis wat geheers het en steeds heers. Wees jy dan ook ‘n draer van Lig. Laat MY Gees jou leer en verlig – hou jou hart skoon van ongeregtigheid en laat jou wese LIG uitstraal… My LIG van Hoop en Genesing vir nasies om jou.    Abba

 

Ek gee…

My kind, kom sit hier by My. Stel jou oor in en hoor My Stem: Ek het jou op jou naam geroep – JY IS MYNE. Ek is stil tevrede in My Liefde vir jou. Laat My toe om jou lief te hê. Laat My toe om liedere van oorwinning oor jou te sing. Ek gee Nuwe Krag. EK gee Nuwe Moed. Kom na My toe. Ek besit alles wat jy nodig het om ‘n lewe in oorvloed te kan leef… kom …    Jou Abba

 

Plant My Woord in jou hart

My kind, Ek sal jou nooit alleen laat nie. My beloftes staan vas. Lees en bestudeer My Woord. Dit LEWE en gee LEWE. Plant dit diep in jou hart. Ek werk saam met jou – jy is nie alleen nie.    Liefde jou Abba

 

Kom rus by My

My kind, ek hou jou in My Hand – jy is veilig. Niemand mag op jou neersien nie, want jy is vir My baie werd. Bêre jou skate by My. Kom rus by My – Ek gee nuwe krag en verkwik moeë siele…     Liefde jou Abba

 

Wees lig en sout

My kind ek het jou op jou naam geroep, jy is MYNE. Ek omsluit jou van alle kante en sien jou raak. Dra MY LIG uit en wees die sout. Dit is My wil vir jou.

 

Jy kan nie misluk nie

My kind, Ek verheug My oor jou! Kom ons stap hierdie pad. Ek wil jou dinge wys waarvan jy nog nooit gehoor of gesien het nie. Omdat jy vir My kosbaar is, kies Ek dit. Wees gehoorsaam, stap jou pad. My Hand is oor jou – jy sal nie misluk nie – jy kan nie, want Ek lewe nou IN JOU!  Jou Abba

​

Bly stap op die smal pad

My kind Ek verheug My oor jou. Jou gehoorsaamheid is mooi vir My. Bly stap op die smal padjie, want daar sal jy My kry… Shama…  jou Abba

 

Rus IN My

My kind Ek is hier by jou … moenie vrees nie. Ek het jou gesien vandat jy nog gelê en slaap het in jou bed vanoggend. Jou gebede het My bereik en Ek het jou uitroepe gehoor. Ek was by jou en is nogsteeds. Niks kan jou van My teenwoordigheid en Gees wegruk nie. Rus in My, kom staan op My, jou Rots. Ek is jou vesting. Ek maak jou sterk. Ek gaan voor jou uit om die pad vir jou voor te berei en maak die pad agter jou toe. Geen onheil sal jou tref nie. Rus IN MY… Kom na MY toe…

 

Ek is jou Bron en Voorsiening

My kind, Ek omvou jou met My teenwoordigheid. Dit sal jou deurdra. Ek is jou Bron en jou Voorsiening. Kom wees IN MY – Ek sal voorsien…Kom na My toe en vind rus.

 

Ek is by jou

My kind, Ek vind vreugde daarin soos jy My Woord bestudeer en ook ontdek wie jy is, wie Ek jou gemaak het. Laat My Beeld op jou skyn, sodat jy verander sal word, dag vir dag, uur vir uur. Moenie ooit weer gehoor gee aan ‘n ander stem, anders as dit wat Ek oor jou sing en spreek nie. Jy is na My beeld geskape. Ek het jou met groot sorg aanmekaar geweef. Jou samestelling is vir my bekend. Wanneer jy IN My leef sal jy ware geluk vind. Ek is by jou – onthou dit altyd. Glo dit vas ongeag van jou gevoelens. Stap jou lewenspad met vrymoedigheid. Ek help jou nog altyd en sal vorentoe ook by jou wees. Ek sal jou versterk en die pad wys. Ek sal jou beskerm en jou genadig wees. Bly by My en IN My – kom… Ek het jou lief…   Jou Abba

 

Ek hou My oog oor jou!

My kind, My Liefde vir jou staan rotsvas vir ewig. Jy is in My gedagtes en dit wat ek vir jou belplan is mooi – wees afwagtend op ons pad saam. Ek sal jou nooit verlaat nie. Vertrou op My en jy (saam) sal ons ‘n bende stormloop! Jy sal sweef op lugstrome, sonder enige vlerkklap van eie werke. Lugstrome van MY Gees sal jou dra. Styg op, vertrou op My. Ek hou My oog oor jou – Jy behoord aan My.   Jou Abba

 

Wees My Hande en Voete

My kind, Ek stuur jou uit. Wees My saad en suurdeeg. Neem dit, woeker daarmee. Ek is by jou en sal dit laat groei. Die oes sal Myne wees. Moenie bekommerd wees nie – Ek sal jou help en bystaan. Wees jy My voete en Hande, net waar jy gaan.  Amen     Jou Abba

 

Jou hart en gebede het nie ongeraak by My verbygegaan nie

My kind, Ek is by jou. Jou geroep het gekom tot by My oor. Ek het jou goedgekeur en aangemeen. Jy behoord aan My. Word nou rustig en kalm, bedaar. Bedaar in jou soeke na My, want Ek is getrou. Ek beloon hulle wat met hul hele hart en siel en verstand na My soek. Ek is nie ver nie… Stort jou hart voor my uit. Ek sal jou hart genees, optel en vashou teen My bors. Bedaar en erken dat Ek God is. Hoog bo die water van die see, hoog bo die arend op vlug, hoog bo die wolke, sit Ek in My Koningsheerskappy. Ek is steeds in beheer. My Koninkryk sal steeds kom. Vul jou hart nou met hoop en vreugde, want kyk, Ek staan by die deur – dit wat gaan gebeur is om die draai. Wees in afwagting en sing, want dit wat Ek vir jou beplan is besig om in vervulling te kom. Staan op en kyk – kyk in die rigting van die son – die son van jou redding is besig om op die horison te verskyn.  Staan en kyk. Vul jou hart met ‘n loflied tot My eer, want dit wat ek beplan het, sal MY Naam verheerlik. Versterk jou bene en behou jou fokus op My (‘Lock your eyes’) en kyk intensioneel, want alles staan op die punt om te gebeur. Jou hart en gebede het nie ongeraak by My verbygegaan nie. Ek sal jou versterk en jou genadig wees. Ek sal My engele stuur om jou op die regte pad te lei en te vergesel. My Teenwoordigheid SELF sal by jou wees en jy sal geseënd wees tot in lente van dae. Staan dus op. Wag op My. Ek is by jou… wag op My…   Liefde jou Abba

 

Jesus as voorbeeld

My kind, Ek sien jou hart voor My. Ons sal ‘n mooi tuin skep in jou hart, ‘n lushof van plante, waar Ek jou sal ontmoet. Gee daagliks jou lewe aan My oor en dra jou kruis soos Jesus. Volg HOM, want Sy voorbeeld van lewe is die norm waarvolgends jy moet lewe. Ek het jou lief…. Jou Abba

 

Ek self sal by jou wees

My kind laat jou lewe aan My oor en jy sal geseënd wees. Ek sien jou hart en opregtheid.  Ek sal jou lei en leer. Vertrou op My. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. My Liefde vir jou sal voor jou uitgaan en jou omvou. Ek self sal by jou wees en jy sal dit weet en sien. Ek is by jou. Vertrou op My. Ek is jou God. Ek is die Waarheid en Vryspraak. In My is daar geen valsheid en leuen nie. Ek is jou God. Ek het jou lief.             Abba

 

Jou gehoorsaamheid

My kind, jou gehoorsaamheid sal seën bring soos oggendreën in die warm Somer. Ek het jou lief en bly altyd by jou. Jou hart behord aan My. Laat My toe om dit te bewerk en te louter… bly opreg, hou aan om My te soek. Ek sal geheimenisse aan jou openbaar. Ek is verheug oor ons pad saam… kom… kom en ervaar My seën-reën en groei verder en dieper in My… Ek het jou lief…   Jou Vader Abba

 

Jy is geliefd

My kind, jou hart behoord aan My, laat ons dit gedurig was en deursoek sodat jy rein bly voor My. Stap elke dag in die wete dat jy ‘n oorwinnaar IN Christus is – Sy bloed bedek jou en reinig jou. Ek weet die planne wat ek vir jou lewe het – vertrou op My. Weet dat ek by jou is, al die dae tot die voleinding van tye. Wees geseënd en leef hiervanuit – jy is Myne. Jy is gesalf. Jy is kosbaar vir My. Jy is Myne en geliefd. Leef hierdie elke dag, sodat dit die bron van jou optrede en aksies uitmaak.   Jou Abba

 

Verklaar My Woord

My kind, mag jou voete stap op die pad wat Ek jou wys. Moenie links of regs afwyk nie. Stel jou ore in vir My Stem. Luister fyn en laat My Gees jou lei. Lees My Woord - daar sal Ek jou ontmoet… Bly naby My en moenie vrees nie, want My Bloed bedek jou. Kom kruip onder my vleuels weg – jy is beskermd hier (‘abide in My Presence and you will be delivered’).  Jy is vry en dra My Teenwoordigheid met jou. Skyn waar jy gaan en staan sterk, want die vyand loop rond soos ‘n lustige om te verslind. Staan vas en verklaar MY WOORD wat by magte is om verkeerdhede reg te stel – Ek wil jou leer. Tel jou Swaard op – dis tyd om te veg met My Swaard in jou mond. Skryf neer wat Ek jou leer, hardloop daarmee. Ek wil jou sleutels gee, sleutels wat verborge was vir oorlog tot nou. Open koninkryke en sluit hiermee… Ek wil jou onderrig en raadgee. Ek wil Myself aan jou openbaar. Kom My Bruid.. kom ons wandel, terwyl Ek geheime aan jou bekendmaak – jy is vir My kosbaar en Ek verheug My in ons verhouding en pad saam.  Jou Abba

 

Jy is veilig

My kind, Ek hou jou in die palm van My Hand. My Hande wat alles geskape het, lei jou en hou jou vas. Wees nie bevrees nie, want Ek is by jou, jou Krygsman wat red. Laat My stem jou lei en volg My Woord. Volhard en druk deur, want jou kroon van oorwinning wag. Laat My goeie Gees jou lei. Jy is Myne en behoord aan My. Niemand sal jou uit My Hand ruk nie – jy is veilig… Kom…

 

Ek is vir jou

My kind, hoe lief het ek jou nie! My Woord sing oor jou, oor My ewigdurende, standvastige versorging en barmhartigheid vir My kinders. Wees verseker dat Ek vir jou is. Ek is jou Man, jou Redder. Jou hulpgeroep het tot by My gekom. Jou pad vorentoe sal anders lyk as die verlede. Elke oggend se sonsopkoms saam spreek vooruit van dit wat Ek deur jou gaan doen, sodat strale van genesig en Lig, My Lig, die atmosfeer gaan bereik. Wees gehoorsaam en wees sout. Leef naby My en bly sensitief vir My Gees se Stem. Glo IN MY en tree op daarvanuit. My Stem is sag en somtyds misbaar – luister fyn en praat met My oor wat jy hoor, sodat Ek My Woord tot jou kan bevestig. Ek wil jou gebruik, moenie twyfel nie. Staan sterk en weerkaats wat Ek met jou deel aan die wêreld. Jou groei is vir my belangrik, net soos dit vir jou is. Groei IN MY en saam met My Leiding.  My Woord is jou Bron – dis al wat jy nodig het. Ek sal met jou praat daardeur, soos ‘n Pa met Sy dogter praat – so sal ek met jou gesels. Wees kinderlik (‘’reckless’’) in jou wandel met My. Vra My alles wat jy nie verstaan nie, want Ek wil jou leer. Ek wil jou wys en verduidelik. Ek wil jou oplei en kwalifiseer. Ek wil jou stuur en jou gebruik. Ek wil deur jou bemin word en benodig word, want ons verhouding en kommunikasie is vir My belangrik. Leef deur My, beweeg deur My en bestaan deur My. My Gees sal jou help. Ons werk saam. Ek het jou lief.  Jou Abba

 

Lê jou lewe voor My neer

My kind, jy behoord aan MY. Elke haar op jou kop is getel en Ek ken ook jou binnekant – jou hart. Ek sien jou intensies. Ek sal vir jou opkom. Waarheid spreek harder as valse aantuigings. Ek is jou Skild en Veilige Vesting, die God op wie jy kan vertrou. Lê jou hart se begeertes en seer neer voor My troon en Ek sal luister. Laat My Lig en Vuur van reiniging beweeg deur jou wese. Wag op My en wees gereed, want dinge staan op die punt om te gebeur. Jou gehoorsaamheid sal ‘n seën wees vir baie. Wees nederig en wees gehoorsaam. Stap naby My en luister intensioneel.  Soek My – jy SAL My vind, want Ek is nie ver nie. Ek is IN jou,  jou Krygsman wat red. Lê jou lewe voor My neer en Ek sal jou verhoog. Nasies sal jou sien en My Naam verheerlik. Jy is uniek en kosbaar. Ek het jou baie lief en Ek het groot planne vir jou. Kom, kom ons gaan saam…    Shalom Jou Abba

 

Ek trek jou na MY omdat ek jou innig liefhet

My kind, rus IN My. Kom na waters waar daar vrede is. My Gees leer jou steeds – vra Hom. Hy het Wysheid en deurgrond My Hart vir jou. My engele sal jou help, rig en versterk.  Staan vas, eet My Woord. Dis jou sterkste Wapen – leer daaruit, spreek daaruit en leer daarvanuit. Was jou in My Woord. Plant die Saad daarvan in jou hart. Kom tot rus, Ek sal vir jou ‘n pad maak op die regte tyd. Bedaar jou weghol hart en kom sit by My. Ons twee sal gesels en Ek sal jou kosbare dinge wys. Ek wil jou net vir Myself hê. Ek trek jou na MY, omdat ek jou innig liefhet… Dis Ek wat jou optrek, jou hart na MY trek met koorde van Liefde. Dis Ek wat jou die sonsopkoms sit en inwag en vir jou wag as die son ondergaan in die veld. Dis Ek wat jou uitroep, omdat Ek My vreugde in jou vind. Leer My ken. Soek My! Jy SAL My vind! Ek wil Myself aan jou openbaar. Ek ken jou bekommernisse. Die verlede is verby. Jy het ‘n splinternuwe vars salwing ontvang en dis Ek wat jou stuur, maar dis ook Ek wat jou na My roep. Kom wandel saam met My. Ek sal saggies met jou praat, baie stil sal My Stem kom – byna ‘n indruk – leer My taal, want so sal Ek jou gebruik.  Wy jou tyd aan My, dis nie verniet nie. Ons belê tyd saam vir ‘n rede. Wag op MY, wanneer die tyd aanbreek sal jy gereed wees. Als sal in plek val. Moet daarom nie sonder My optree nie – WAG op My. Ek wil jou leer en jou help. Wees gehoorsaam en My Naam sal verheerlik word. Jy is oppad en Ek is by jou. Ek sal jou nooit alleen los nie. Jy is Myne, duur betaal, maar elke druppel die moeite werd. Ek het jou op jou Naam geroep. Kom my bruid! Ek wil jou wys van groot en onverstaanbare dinge wat gaan kom…. Kom!    Jou Abba

 

Volhard in jou pas

My kind jou woorde is voor My. Ek hoor jou hart. Ek sien hoe jy groei IN My. Volhard op hierdie pad. My Gees doen Sy werk om jou voor te berei en op te lei tot My eer. Staan vas op jou grondgebied. Moenie toegee nie. Ek self sal jou versterk. Stap op jou pas, konstant in volharding. Laat jou gewoontes offers wees tot My Hart. Laat jou gedagtegange My verheerlik. Loop met MY Woord IN jou en laat dit jou lei. Ek is by jou – stap verder. Ek sal jou wegsteek… stap aan. Ek hou jou vas… Jy is Myne. Jy behoord aan MY…  Kom ons stap…    Jou Abba

 

Ek is bewus van jou

My kind jou lewe hou Ek in My Hand. Jou dae is opgeskryf in My boek. Leef elke dag naby My. Ek sien jou en neem notisie van jou hart. Beoefen om jou fokus na my te draai… ek trek jou. Lê jou sorge voor My voete – Ek is bewus van jou. Wandel saam met My en laat Ek jou vertel van groot en magtige dinge waarvan jy nog nie weet nie. My Gees sal jou vat, in besit neem en oorweldig (consume). Hy skep die werke wat Ek spreek. Los jou hart in My hande. Ek sal jou vashou. Kom stap saam met My in DIEP waters. Sweef saam met My oor hoë afgronde. Ek wil jou vat – vertrou jy My? Kan jy losmaak van jou eie lewe en My volg? Dis hiervoor waarvoor ek jou bestem het en Ek wil jou nou al daarin laat deel. Is jy bereid om te kom? Is jy bereid om jouself af te lê en My te volg?  Die prys sal groot wees maar die belonging is My lewe in oorvloed. Hou jy nog vas? Kom, want Ek wil jou vat en jou wys, sodat jy jouself kan sien vir wie Ek jou gemaak het… Kom!

 

Sit jou hoop en verwagting op My

My kind, Ek sien jou raak. Dis Ek wat jou optel en vashou. Dis Ek wat jou krag gee en deurdra. Ek was daar van die begin en Ek sal enduit by jou wees. Sit jou hoop en verwagting op My – jy sal nie teleurgestel word nie. Rus IN My. Ek gee jou krag vir wat jy moet verrig en leef verder vanuit My Teenwoordigheid. Bly IN My Skadu. Vind jou plek daar en bly daar – jy is veilig… Ek wag vir jou … kom na My toe, want Ek gee rus.      Jou Abba

​

Ek soek jou algehele fokus

My kind, jou fokus bepaal jou skatte. Dis hoekom Ek ‘n jaloerse God is, want Ek soek AL jou fokus. Jou rede vir lewe, jou begeertes, jou passies, jou vrede en bron van voorsiening – dit wil Ek wees vir jou. Rus IN MY en weet, EK hou jou vas.       Jou Hemelse Vader

 

Ek leef deur jou…

My kind, kom nader en kom kruip in by My. Kom voel die warmte van My Liefde vir jou. Laat Ek jou hart vashou en vul. Laat My Gees jou volmaak met Homself. Laat jou gees toe om te wandel met My, in diep waters van geloof. Laat ons uitgaan, saam, want Ek is by jou en sal jou nooit verlaat nie. Ek koester elke gedagte van jou aan My. Draai na My en word gereeld bewus van My teenwoordigheid, want naby jou is My Woord en in jou wese vervleg beweeg en leef Ek. Ek het dit so verkies, om jou as tempel te bestem. So, weet dat Ek deur jou leef. My Wese in Sy volheid beweeg in en deur jou. Stel jouself oop vir My en leer van My, want die dinge van My Gees is ongekend vir die wêreld wyshede. Moenie bekommer nie, wees en bly afhanklik van My. Ek sal jou beskerm. Jou lewensplan lê oop voor My en Ek is bewus van jou … wag op My, want jy sal nie teleurgesteld bly staan nie. Eet My Woord en geniet My Gees – Hy sal jou alles leer wat jy moet weet. Vra Hom. Gesels met Hom, want Hy is aan jou gegee as geskenk. As bewys dat jy aan My behoord. Soek My, want jy sal My vind. Laat My Liefde jou dra en lei. Jy is Myne. Ek is stil tevrede oor My Liefde vir jou!     Jou Abba

 

Liefde in alles wat jy doen

My kind, Ek is bewus van jou dag en elke ‘detail’ van wat daarbinne gaan gebeur. Elke minuut van jou dag lê oop voor My en Ek is reeds daar betrokke, daarom kom tot rus, want My Gees sal by jou wees.

Laat jou hart rus en bedaar in jou gedagtes. Speel musiek, dans en verf iets. Ek het hierdie oorlog reeds oorwin, My Lig het reeds deurgebreuk! Ek is alreeds besig, daarom rus en vertrou op My. Jou werk is klaar. Vertrou op My. Ek het alles gesien en alles gehoor. Ek is bewus van wat aangaan en ken die einde…

Liefde bring transformasie. Liefde maak nuut. Liefde gee hoop. Liefde maak gesond. Daarom: hou jou hart sag, jou oor ingestel op My Stem vir leiding en jou gedagtes gefokus op My. Net dit. Heeltyd. Jou gedagtes op MY. Hart sag en vol vergifnis en beleidenis. Gee Liefde in alles wat jy doen. Haal asem deur My Liefde. Dis My Liefde wat My Koninkryk in stand hou. Liefde is die bron en krag van My Koninkryk. Daarom sien dit as jou brandstof vir elke dag en nag. Vergifnis is belangrik – los alles by My en wees vry! Staan op en stap in My oorwinning, want vandag het die son opgekom om verandering te bring in jou problem. My son van Redding vir jou. Laat My Gees Sy werk doen. Wag op My en kyk, want groot is My werke en Almagtig My Weë. Onveranderlik is My plan van verlossing. Staan en kyk, want Ek het die vyand reeds oorwin. Skep moed en weet: Ek het jou lief.     Jou Abba

 

My Woord

My kind, Ek sien jou waar jy sit en My Woord bedink… Ek het jou lief. Laat My Woord oor jou spoel. Maak dit deel van jou wese – dit gee Lewe. My Woord is ‘n bron van krag vir die wat daarvan eet. Bedink hierdie woorde vandag, herkou dit soos ‘n hoefdier. Verteer dit in die kleinste deeltjies dat dit deel word van elke sel in jou liggaan. Bring jou gedagtes meermale terug na My Woord gedurende jou dag. Al is dit net een woord, of een vers, een begrip vanuit My Woord, want dit sal jou gedagtes opbou, versterk en genees. Leef IN My Woord. Handel vanuit My Lewende Woord, want My Woord staan vas en is by magte om verkeerdhede reg te stel en die regte lewenswyse te kweek. Leef daarom IN en OM My Woord…. Dis jou SKAT! Neem dit in besit. Dis joune …   jou Abba

 

Sonder My kan jy niks doen nie

My kind, My vergifnis is oorvloedig.  Ek sien jou - jy is Myne. Ek hoor jou. Ek het jou geroep. Kom staan hier by My en luister na My Stem van Liefde en varsheid oor jou. Berge sal Ek skuif om jou te vind. Klowe sal Ek deursoek om jou te kry. Lande sal Ek deurkruis om jou op te spoor, want My Liefde vir jou is groot en ewigdurend. Niks kan My skei van My Liefde vir jou nie.  Van voor jou geboorte, het Ek jou geken en liefgehad – elke deeltjie van jou. Jou dae was voor My voordat jy ‘n tree kon stap.  Jou lewensplan was in My Hart nog voordat jy op aarde verskyn het. Jy is gekies en geroep deur My – glo dit en leef hiervanuit.  Jou voedingsbrong vir jou roeping, is Ek – wees geanker IN My, sodat jy kan Lewe. Ek is jou Wynstok – wees In My en Ek sal In jou wees.  Sonder My kan jy niks nie (Joh15:5). Leef naby My en onthou My.  Jy is Myne. Jy behoort aan My. Jy is duur gekoop. Kom dat Ek jou kan liefhê en louter, want hulle wat Ek liefhet, tugtig Ek sodat hulle kan groei en Lewe. Jou hart is in My Hande. Vertrou My. Ek het jou lief.   Jou Abba

 

Nes van veiligheid        

My kind, Ek het jou so lief! Jy is die appel van My oog. Jou hart is opreg en oop voor My. Pas jou hart op. Beskerm jou hart en gedagtes, want daarvanuit ontspring jou lewensuitkyk en optrede. Soek my weer in alles wat jy doen. Ek is naby jou – so naby. Ek vind My vreugde in jou. Kyk op, want dit wat lankal oor jou uitgespreek was, staan op die punt om te gebeur. Jou lewe is IN My Hand – jy is in die nes van Veiligheid by My, onder My toesig. Vul jou hart met lofprysing aan My. Laat jou hart opgaan en jou gedagtes sal volg. Wandel met My in alles wat jy doen, want hierdie plek is haalbaar. Kom op en kom na My toe - Ek wil jou geheime wys. Ek wil jou vertel wat niemand anders weet of gesien het nie.  Ek wil My Hart met jou deel. Kom, kom op… Jy is geskep vir ‘n tyd soos nou, kom op! Ek wil jou leer van My Heerlikheid (Glory) en dit wys. Koop jou tyd uit en kom, want jy het nog baie om te sien en te leer. My liefde is onuitputlik, ondeurgrondelik, onverklaarbaar, eindelloos en dis wat Ek met jou wil deel - My Liefde. Jy is gemaak vir ‘n tyd soos hierdie. Kom, want Ek het jou lief, baie lief. Kom na My, kom op…        jou Abba

 

Jou dag is voor My…

My kind Ek sien jou raak. Kom en kom rus by My. Ek wil jou vashou en sus. Kom nader na My toe. Kom en kom hoor My hartklop. Selfs al gaan jy deur donker dieptes, sal Ek by jou wees. Moenie vrees nie. Moenie bekommer nie, want My Liefde vir jou is sterk en ewigdurend. Jou dag is reeds voor My. Ek sal jou bystaan en krag gee. Weet dat Ek langs jou staan, IN jou is en saam met jou beweeg.  Lê jou hande in Myne en laat My toe om jou te begelei…

 

Dae van die klein begin…

My kind, jou dae is voor My. Jou hart is in My Hande. Jou tye is opgeskryf in MY Boek. Ek dink aan jou. Moenie dink dat dit wat jy vra onmoontlik is nie. Moenie die dae van die klein begin geringag nie, want soos Ek by jou was vanaf die eerste dag, so sal Ek by jou wees tot op die laaste. Ek wil jou raadgee en jou begelei. Bly by MY, fees in My Woord. Laat dit jou leer en onderrig. Kyk ver en kyk wyd, want sover jy kan sien, gee Ek vir jou in die gees. Soos wat jy ry, eien dit toe vir My Naam. Spreek die Naam van Jesus oor die dimensies in die lug. Ek gaan vir jou ‘n pad voorberei in die woestyn. Ek sal dat jy fonteine van verkwikking oprig waar jy gaan. Bly naby My, want dit wat vir jou onmoontlik lyk – is reeds gedoen in en deur My Skeppende Gees. Hy sal jou besoek en met jou gesels. Hy sal met jou saamgaan en jou bekragtig. Hy sal ysterhekke breek. Hy sal yster-grendels laat oopbars. Hy gaan gevangenisse wat My kinders terughou, vrylaat. Hy sal magtige wonders en tekens laat geskied, sodat jy sal WEET – Ek is by jou en jy is nie alleen nie. Wag op My. Vra na MY wil. Ek sal met jou gaan... Bly by My voete in aanbidding, want hiervandaan sal jou krag kom. Ek sal jou nie verlaat nie. Sit jou hoop op My. Stap uit jou boot op die water en jou oë gefokus op My.  Ek ken jou hart en huis, jou verantwoordelikhede teenoor jou gesin – Ek sal ‘n pad maak waar jy nog nie ‘n pad gesien het nie. Iets nuuts. ‘n Hoofweg in die platteland! Staan gereed, want dit is op die punt om te gebeur. Staan en kyk in afwagting, want Ek self sal dit verrig – vir jou, vir My Naam!  Want Ek het jou lief. Ek sal volke gee in ruil vir jou lewe. Nasies in ruill vir jou lewe. Ek het jou lief. Jou naam is in My Handpalms gegrafeer. Ek ken jou. Jy behoort aan My. Jy is uitverkies en gesalf. Jy is aangeneem en My dogter. Leef vanuit hierdie posissie, want dit is waar en dis My Woorde aan jou: Jy is Myne… Myne!   Abba

 

Ek is nogsteeds dieselfde

My kind kom, kom en wees by My. My las is lig, want dis Ek self wat saam met jou dra. Ek is nogsteeds nederig al is Ek as Koning gekroon. Ek het nogsteeds ‘n diensbare hart – al is Ek aan My Vader se Regterhand.  Ek is nogsteeds dieselfde. Niks in My hart het verander vandat Ek verheerlik is nie. My uitnodiging bly vir ewig vas, daarom SAL en WIL Ek saam met jou “inspan”. Ek help jou en maak die las ligter. Jy ervaar dit reeds en staan verwondered, want dis wat Ek doen vir jou sodat My Vader deur jou bereidwilligheid en beskikbaarheid verheerlik kan word. Dis asof ons twee saam werk – jy het My nodig om hierdie werk te doen, sonder My kan jy niks doen nie. Daarom, bly naby My. IN MY, want Ek voed jou en dra jou. Ek voorsien seëninge, sodat jou doel vervul kan word tot Vader se eer. 

Ek stap vooruit, maar is ook by jou… vertrou My met elke tree, want My Gees is in jou en leer jou. Vertrou My, al sien jy nog nie die einde nie. Loop op die wáter, want Ek is onder jou en voor jou... Jy is veilig. Vertrou net op My. Ek is betroubaar.     Liefde jou Abba

 

Wag op My Gees

My dogter dis Ek wat die geestelike honger in jou gees sit – laat My Gees jou lei en leer. Wat jy Hom vra sal Hy jou mee help. Wag op Hom, Hy wil jou help. Wandel saam met Hom. Hy is jou Leermeester…

 

Ontgunning van die dieper dele van jou menswees

My kind, kom hier na My toe. Ek wil jou vertel van My Hart. Ek ken elkeen van My kinders beter as wat hulle hullseself ken. Ek ken die diepstes en verborge geheime van hulle wese. Wanneer Ek wil, ontbloot Ek daardie dieptes en gee die mense geboorte aan nuwe dele van homself. Dit is My Gees wat hierdie doen. Hierdie diepere dele van jou mensewees is die ontgunning van jou eie gees. Jou gees is aanvanklik onbekend aan jouself, maar dis in wese wie jy is. Jy is gees wat woon in liggaam. Wanneer My Gees, jou gees ontwaak, begin jou gees eers lewe en groei en opstaan.  Hierdie is ‘n proses van ontwaking en groei in gees-gawes en gees-sintuie. Soos jou gees groei, raak hy meer bewus van die geesdimense om hom. Jy leef in ‘n geeswêreld wat die realiteit is.  Vra My en Ek sal jou gees verkwik en instel, bewus maak van My Gees. Laat My Gees jou leer… dit wat jy ervaar is nie jou verbeelding nie – vertrou My Gees se opleiding en leiding. Gee gehoor aan Sy rigtingwysing, want Hy is betroubaar. Stel jou fyn in om agter te kom wat plaasvind in die gees – oral waar jy gaan. Vra My Gees, want dit is praktiese opleiding.  Lewe in oorgawe aan My Gees – Hy is jou Metgesels en ‘n goeie Onderwyser. Hy is Myne en Ek het Hom baie lief. Hy is My Heilige Gees en Ek gee Hom as geskenk aan dié wat vra. Jy is Myne, daarom ontvang My Gees om ons twee te verbind… Liefde Jou Abba

 

Stap jou pad

My kind, kom dat jy naby My sit. Ek is hier vir jou. Kom vir berusting by My.  Ek is jou Vader en hier vir jou.  Stap jou pad elke dag.  Doen jou takies. Ek is by jou. Laat jou gedagtes op My gerig wees. Sing tot My eer en bid in jou Hemelse taal, want Ek hoor jou. Laat jou lof-offer tot My opgaan, aanneemlik en goed. Ek het jou lief en is by jou. Wees sterk, want jy is Myne.

 

Ek is binne-in jou!

My kind, jou vrymoedigheid om na My te kom, is vir My goed.  Laat jou lewe ‘n offer wees aan My, rein en gewyd. Geniet ook jou aardse lewe met die vreugdes wat Ek vir jou gee. Ontspan ‘n bietjie en lewe… verf, teken, stap en speel klavier – lewe jou lewe en Ek sal jou help om toegewyd My werk ook in te pas en te doen.  Onthou ek sien jou verantwoordelikheid en getrouheid om jou pligte uit te voer. Ek is by jou… onthou dit. Jy IN My en Ek in jou . Ons lewe saam en somtyds wil Ek bietjie meer ontspan en buite wees – tuin toe gaan en wandel… Ek wil ook kreatief deur jou wees, verf en musiek maak – sal jy saamkom en stil-sit om My behoeftes te vervul? Wanneer Ek IN jou lewe, het Ek ook behoeftes. Jy voel dit as uitroepe in jou gees. Diepe smagtinge wat diepe vervulling bring op geesvlak… moenie dit ignoreer nie. Dis Ek binne-in jou, om jou lewe in vervulling tot volkome volheid te bring.  Baie mense versmoor daardie uitroepe, sodat vleeslike begeertes eerste aandag kry en bevredig word, maar Ek begeer vir jou ‘n diep lewe van vervulling, sodat jy jou gees- waar Ek is – ook sal gehoorsaam en uiting aan gee.  Ons is een. Onthou dat Ek IN jou lewe – moenie My gevange hou en onderdruk nie! Ek wil alles doen tot jou voordeel. Ek is hier vir jou om jou te help en te leer… by te staan en te rig. Neerlegging van die vlees en gehoorsaamheid aan jou gees, versnel jou in die geesdimensie. Sal jy rus IN My? Sal jy My begeertes uitleef deur jou hande en dag? Ek wil deel wees van jou doen en late, sal jy My toelaat?  Ek het jou lief. Jy is vir My kosbaar. Ek het groot planne vir ons twee saam!  Jou Abba

 

Jy is My tempel

My kind, rus in die wete dat Ek by jou is – nader as wat jy dink. Ek is vermeng met jou  - in Eenheid met jou gees. Ek beweeg deur jou – ons is vervleg. Daarom ervaar jy My emosies, My gedagtes, My gevoelens. Ek is een met jou in Gees.  Jy is My gekose tempel en Ek bestaan deur jou op aarde. Wandel in My Lig en Waarheid. Stort jou hart voor My uit, want Ek hoor jou . Glo dit – kom na My in geloof, sal jy? Beoefen jou geloof In My, want Ek is nader as wat jy dink – Ek is deel van jou.  Rus daarom en gee oor aan My – laat Ek meer word en jy minder.  Ek wil jou laste dra sodat jy by waterstrome van rus kan uitkom. Ek is in beheer en besig om te werk - vertrou My in jou rus. Ek sal jou deur lei. Jy is Myne en Ek sal jou nooit verlaat nie. Ek is lief vir jou… jou Abba

​

Een in Christus

My kind, kom na My toe. Kom sit by My sodat ons twee kan gesels.  Jy weet My Hart het jou innig lief. Ek begeer ‘n intieme verhouding met jou. Ek wil My hartsbegeertes aan jou bekendmaak. Sonder My kan jy niks doen nie, daarom wandel naby My, IN My.  Konstant as deel van My. Moenie uitbeweeg nie, want saam is ons een. Een IN Christus My Seun. My Gees beweeg deur ons. Vermeng is ons gees, sodat dit een kan wees. Wees beskikbaar en oop vir My weë. Groot en onverklaarbare dinge sal jy doen in My Naam, omdat Ek deel van jou is. Rus op My Bors. Weet dat Ek by jou is. Al die dae tot die voleinding van die wêreld.  Daarom rus IN My – Ek het jou innig lief.   Jou Abba

 

Ek is IN jou

My geliefde dogter, Ek hoor jou uitroepe van lof en sien jou hart. My Liefde is IN jou. My genade is IN jou. My redding is IN jou. Leef met die wete dat Ek, Yahweh IN jou is. My teenwoordigheid is IN jou. My vriendlelikheid is IN jou. My Geduld is IN jou en Ek self is IN jou. Lewe met die wete (elke oomblik) dat Ek IN JOU is. Jy is veilig onder My Vleuels. Weggesteek van die vyand, daarom moenie vrees nie. Lewe uitbundig vir MY, deur My en tot My!  Laat jou werke en wandel My verheerlik. Bring eer aan My naam in elke ding wat jy doen. My Gees is IN jou en by jou. Laat Hy jou lei. Hy is waardig vir hierdie taak. Luister na Hom – Hy is betroubaar.

 

Vertrou alleen op MY

My geliefde dogter, Ek het jou heel naweek dopgehou – My oog is oor jou… Jy is My vreugde en trots. Ek is stil tevrede in My Liefde vir jou. Jy stap jou pad en volhard… hou so aan… hou jou oë gevestig op My. Soek MY in alles wat jy doen en Ek sal jou paaie gelyk maak. Ek is by jou. Ek is IN jou. My Liefde en krag en Wysheid bedien jou. Vertrou alleen op My – Ek sal jou nooit teleurstel nie. Ek sien jou hart – jy is Myne en Ek het jou so lief. Kom My bruid, kom na My toe. Ek gee rus en lafennis… Kom skuil by My – jy is Myne vir ewig.  Jou Abba

 

Bly In My

My kind Ek het jou lief. Jou hart is vir My belangrik en kosbaar.  Ek hou jou hart vas in My twee hande. Kom rus by My, sodat Ek jou kan verkwik en versorg.  Jy is Myne. Ek hou jou vas en beskerm jou.  Jou krag lê IN My. Jou roeping lê IN My. Jou lewe lê IN My. Daarom kom, want Ek sal jou maak staan op die Rots.  Jy sal sterk wees deur My Krag alleen, daarom bly IN MY. Sonder MY kan jy NIKS doen nie. Vuur is vir die loutering en staan daarom vas en sterk met jou oë op My alleen gefokus – moenie bekommerd om jou rondkyk nie, want Ek sal jou red. Jy is Myne. Ek slaap en sluimer nie – dag en nag red en verlos Ek. Vertrou My, want dit wat Ek vir jou beplan is mooi en goed… glo jy dit?

 

Stap regop en fokus op My

My dogter, vanoggend wil Ek hê jy moet weet: Ek het jou oneindig lief. Hoor My Woorde – elke woord – jy behoord aan My en Ek sal jou red.  Moenie verder bekommer nie, want IN MY is jy beskermd.  Moenie ‘n vatplek vir die vyand gee nie. Stap regop gefokus op My. Laat jou oë vas op My gerig wees. Spreek My Woord – dis jou voedsel. Laat My Woord jou rustig maak. Glo elke woord. Trek dit diep in jou hart en bedink dit. Word een met My Woord – dit is My Seun. My Gees is in jou – wag op Sy Stem en gehoorsaam Hom.  Laat Hy jou leer en lei…jou troos en versterk. Hy vernuwe jou gedagtes. Wag op Hom. Ek het jou lief My kind – jy is beskut in My vleuel, dis waar Ek jou sit vandag. Rus en kalmeer in My Skadu en teenwoordigheid. Jy is veilig…  Jou Abba

 

Ek is jou Anker

My kind, kom sit by My. Kom wees by My, want in My teenwoordigheid word jy nuut. Jy is geskape om IN MY te wees… jou onbeweeglike Lewensanker. Ek hou jou vas. Ek anker jou. Ek maak jou onbeweeglik wanneer jy IN MY is. Daarom, wees IN My. Laat jou hele wese gelei word deur My Gees. Lê jouself voortdurend af, sodat Ek deur jou kan lewe. Word stil en dra alles na My - Ek sal luister en troos, luister en lei, luister en help. Kom na My met alles in jou hart. Hierdie is ‘n tyd van min woorde – wees bedag op jou woorde…. Laat jou hart se bekommernisse aan My oor. Ek is jou God, Ek is in beheer. Ek laat dinge gebeur vir almal om daaruit te leer. Ek vat jou aan die hand en lei jou. Dis Ek wat nuwe seisoene laat aanbreek. Dis Ek wat die reëns laat neersak en weerhou. Ek verwissel temperature. Ek alleen is God, jou God en Vader. Kom skuil by My, want Ek wil jou onuitspreeklike dinge wys. Kom na My… jy is Myne… kom…            jou Abba

 

Ek maak alles nuut

My kind Ek het jou lief! Jy is in die Palm van My Hand. Jou dae is getel voor My oë en jy is goed gevind.  Wandel jou pad… Ek is met jou.  Fokus jou oë, want Ek is by jou. Lê neer jou hart en gedagtes want dit is nodig – ‘n aflegging van die oue vir ‘n opwekking van die nuwe, beter, meer glorieryker en heerliker lewe.  Daarom, Ek maak alles NUUT! Ek sit jou hoog en verhewe saam met My Seun. Ek maak alles nuut… Die nuwe het gekom, die oue is verby. Kyk op en ontvang dit met blydskap. Die oue is aan afsterf en die nuwe het reeds plek ingeneem. Neem dit in besit en leef dit. Dra die nuwe. ’occupy’ die nuwe. Geniet die nuwe, want dit is wie jy is. Wie Ek vir jou gee uit genade om in besit te neem….  Die nuwe Verbond is soveel hoër en ryker as die oue – neem dit in besit. Dit is My geskenk aan jou. Leef in jou gees waar Ek is. Heers saam met My. Neem in besit saam met My, want dis wat Ek vir jou gee.  Jy is Myne… die nuwe het gekom. Jy is Myne, die oue is verby. Jy sal nooit weer terugkyk nie, want die nuwe is ‘n ewige beloofde erfenis vir jou om te ontvang, omdat jy geroep is deur My (Heb 9:15).  Daarom ontvang… en wees dankbaar. Jou lewe is in My Hand….   Jou Abba

 

Ek is getrou

My kind, Ek hou jou styf vas by My.  Jou dae is voor My.  Jou ure is voor My oë.  Hoe sal Ek jou kan verlaat, vergeet? Jy is vir My kosbaar. ‘n Waardevolle besitting. Jou waarde is baie meer werd as aardse besitings. My Liefde vir jou is ondeurgrondelik. Ek sal jou lewe beskerm, jou op My Hande dra, jou wegsteek en jou vashou. Vertrou op My. Vertrou en glo in My, want Ek is getrou.  Geen mens is soos Ek nie. Jy behoord aan My alleen en Ek sal jou onderrig, jou vestig en staanmaak. Ek sal en maak jou voete soos dié van ‘n ribbok – hoog sal jy staan en die eer sal My toekom.  Wees gewillig, wees My kruik – laat My Heilige Gees jou lei. Wag op Hom alleen…

My Gees sal jou trek, luister na Hom, Hy is getrou en vol Liefde. Hy sal jou leer en help. Sy raad is altyd die pad na My Hart.  Moenie bekommerd wees nie, want soos die seisoene verander, verander My Hart en wie Ek is, nooit nie. Altyd was Ek getrou en altyd sal Ek getrou aan jou bly… en nooit opgee nie…

 

Jy kan niks sonder My doen nie

My kind ek hoor jou hartsverlange en -begeerte. Hou vas aan My, daar is nog baie om te leer, maar ‘Ek is’, is by jou.  My Hand van Liefde sal Ek nie terugtrek nie. My Hand van sorg sal Ek nie van jou ontneem nie. Staan daarom regop, kyk op en weet: jou verlossing het gekom. IN My lê jou krag. IN My lê jou lewe opgesluit en gefikseer. Jy kan niks sonder My doen nie – daarom wees IN My.  Bly IN My want groot sal jou belonging wees. Vele sal kom na My Troon deur jou gehoorsaamheid.  Bly nederig. Bly afhanklik, want Ek is God. Ek is Magtig en gaan voor jou uit. Kyk op! Kyk na My! Fokus jou wese op My, want Ek is die Vooruitsig en Bron van Lewe.  Binne My is alles wat jy gaan nodig kry vir jou reis. Vergeet van langs die kante en kyk vasbeslote na My. My Gees is jou Leidsman, jou Rigtingaanwyser en jou Onderwyser. Hy alleen is jou Bron van inligting en Insig. Hy is joune. Hy is IN jou, by jou en een met jou. Jy is Myne, My kind. Jy behoord aan My. Niemand kan jou uit My Hand ruk nie. Jy is veilig by My. Jy is My kosbare besitting, My waardevolle edelsteen, My dogter. My Naam dra jy – oor jou verheug Ek My… kom…  Kom ons twee gaan…

 

Gaan uit! Gaan uit!

My kind, jou oor… hou jou oor ingestel vir My Stem. Dis My Woorde wat jou sal rig, jou sal lei en jou sal stuur. Wees gefokus op My. Sluit alle ander afleidings (distractions) uit, doelbewus. Wees ingestel op My, want Ek het ‘n Woord vir jou, vir My Liggaam: Gaan uit! Gaan uit! Gaan uit met My Woord. Versprei My Liefde aand nasies! Maak jouself los van dit wat jou vashou en strek jouself uit na My. Ek sal jou nie teleurstel nie – Ek is by jou, die Magtige God wat Red. Tree uit! Ek sê: tree uit! Tree uit die groep en stap vorentoe… na My toe! Kom uit die bondel, want Ek wil Myself aan jou openbaar. Jy is op die Naam geroep. Jy is uitverkies. Jy behoord aan My van voor jou geboorte af. Vandag MOET jy besef – besef die waarheid en uitroep van My Woorde aan jou: Kom uit! Vir lank was jy afsydig, vir te lank het jy teruggehou. Vir te lank as jy koppig en eiewys – vandag roep Ek jou uit: Kom uit My Kind! Ek is ‘n getroue Vader. My Liefde vir jou ken geen perke. Besef wat Ek vandag vir jou sê – besef dit en glo dit! My Woorde sny diep, in gees en siel, daarom spreek Ek: Kom na My toe met alles in jou! Moenie langer terughou nie. Ek het My alles aan jou gegee – sal jy alles van jou gee aan My?

Daarom staan Ek voor jou. Ek wag vir oorgawe… My Gees werk reeds in jou, om jou gereed te kry vir jou oorgawe, maar die keuse is joune … sal jy My kies in plaas van jou lewe?

 

Lê jouself neer

My kind kom, kom luister na my Stem van bemoediging. Kom en vind jou rus IN My. Lê jouself neer voor MY en weet Ek is… Ek is jou Bron, jou Voorsiening, jou Krag en jou lewe.  Jy kan niks van waarde doen, as jy dit nie doen deur My nie. Wees In My – leef intensioneel deur My. Laat My toe om elke deel van jou in besit te neem…

My kind, lê jouself neer en vat My jeuk op jou. My las is lig. My jeuk is sag. My dissipline is voordelig, omdat Ek jou geskape het, ken Ek jou beperkings, jou punte van sterkheid en jou struikelinge. Ek het jou gemaak uit Myself, van Myself – deur Myself. Jy kom uit My – daarom kry jou krag by en in My. Jy is ‘n draer van My Teenwoordigheid. Stap en onthou waar jy gaan. Jy is geskep vir My en Ek het jou lief…eindelloos, ewig en onverganklik…   Jou Abba

 

Dis alles of niks

My kind, My Woord is joune. Gegee vir jou om te vat as lewensrigtingwyser. Eet My Woord en pas dit toe in jou lewe. Laat My Gees jou lei in die toepassing daavan in elke gebied in jou lewe. Laat My toe om deel te wees van jou lewe. Elke besluit, elke idee, elke gedagte, klankbord dit met My, want Ek wil jou help. Ek kan niks doen in jou lewe indien jy nie instem en My toelaat nie…daarom vra Ek: wanneer ek staan en klop, sal jy vir My inlaat? Sal jy My ken en toelaat in jou plan?  Of gaan Ek jou begeertes en drome deurmekaarkrap? …jou van jou eie koers afgooi en jou in ongemak en skaamte laat… is dit vir jou aanvaarbaar?  Weeg jou opsies, jou keuses. Dis alles of niks – dis wat Ek jou vra vandag. Sal jy eerder mense tevrede stel of My Naam gehoorsaam? Sal jy toelaat om eerder deur mense gemanipuleer te word as om My Stem te volg?  Jy ken My Stem. Jy ken My Hartsbegeerte. Ek is IN jou – jy ken MY. Wil jy na My luister of geniet jy net die idee daarvan dat Ek met jou kommunikeer? Genoeg! Ek sê GENOEG hiervan! Dit is tyd om jou keuse te maak. Die tyd is kort en veranderinge lê om die draai – voor die deur lê die gevolge van jou keuses, maar eerste sal jy moet kies: is jy vír My of vir jouself ? Wees wys in jou besluit My kind …  Ek wag op jou..    Ek het jou lief…     jou Abba

​

​​​​​​​​​​​​​

​

​

​

​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

©2025 The Desert Call. Powered and secured by Wix

bottom of page